![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Hartenbos Selfsorg Akkomodasie woonstel is gelee op die Tuinroete tussen George en Mosselbaai in die Weskaap, Suid Afrika.Hierdie tweeslaapkamer, selfsorgwoonstel is in die hartjie van Hartenbos. Dié pragtige, goed toegeruste en gemeubileerde woonstel is op die eerste vloer van die La Gare woonstelle. Dit sluit 'n enkel toesluit motorhuis in. Die woonstel is ingerig om maksimum 6 persone te akkommodeer.Die verblyf is loopafstand vanaf Hartenbos se Hoofstrand (600m), nuwe Hartenbos Seefront, warm-en koue swembaddens, ontspanningsgeriewe, restuarante, winkels en sportfasiliteite. George lughawe is ongeveer 40km oos van Hartenbos. Die tuinroete strek verder vanaf George, Wilderness, Knysna, Plettenbergbaai, Stormsrivier, ens. Interesante uitstappies in die omgewing kan insluit: Hartenbos (Museum, Voorbaai mall); Trein ritte tussen Mosselbaai, Hartenbos en George; Mosselbaai (Posboom en museum, Ligtoring, Punt, Hawe, Casino, resturante, kroeë en straatkafeetjies); Oudtshoorn (Kango grotte, Volstruisplase, Swartbergpas); Knysna (Waterfront, Heads, Oesterfees, Lagoons). |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
|
|
|